Ons Akademie - Top 5

Aktiwiteite by die skool:

Akademie

  • Kurrikulum volgens Departement van Onderwys

  • Klein klasse vir individuele aandag met interaktiewe witborde

  • Remediërende ondersteuning vir leerders

  • Fokus op geletterdheid, syfervaardighede en digitale vaardighede

  • Ons bied ook kunsklasse aan van Graad RR - 7

Buitemuurs

  • Stimuzone (Kontak Chantelle 076 939 1496 )

  • Monkeynastics (Kontak Elize 082 575 7690)

  • Kultuur-uur drama skool (Kontak Lorraine 081 025 7709)

  • RCFA Rhino- Ring Contact Fighting Arts (Kontak Theresa 082 615 9319)

  • Skaak akademie (Juf Marianda 084 878 5025)

Sport en Kultuur

  • Atletiek, landloop, netbal, rugby, krieket en hokkie

  • Paviljoen en sportvelde

  • Kultuuraktiwiteite en jaarlikse optredes

  • Voordrag en redenaars

  • Revue

Gevorderde Fasiliteite

  • Toegeruste klaskamers

  • Skoolsaal en kantoorblok

  • Beplande nasorgsentrum vir leerders

  • Interaktiewe witborde in klaskamers


Toekomstige Ontwikkeling

  • Tablets en rekenaars vir digitale leer

  • Virtuele realiteit (VR) as deel van leerervaring

  • Voltydse arbeidsterapeut-pos in beplanning

Die Biblioteek Projek

Laerskool Koedoeskop, 'n Afrikaanse plaasskool in Doornfontein naby Thabazimbi, het ongeveer 250 leerders – baie van hulle kom uit huishoudings sonder toegang tot leesmateriaal. Volgens waarnemende skoolhoof Lize Marais, het die meeste leerders nie boeke by die huis nie en sukkel hulle met leesbegrip en taalvaardigheid.

Die Droom: ‘n Biblioteek van Hoop

Onderwysers het ‘n inisiatief aangepak om ‘n kleurvolle, interaktiewe biblioteek te skep, as deel van die Boeke van Hoop-projek. Hierdie droom het gegroei tot ‘n formele fondsinsameling met die doel om R1 miljoen in te samel.

  • Die biblioteek sal leerders toegang gee tot boeke en ‘n wêreld buite hul onmiddellike omstandighede.

  • Lees- en taalvaardigheid verbeter.

  • Hoop en drome inspireer.

  • ‘n Nasorgsentrum insluit vir kinders wie se ouers ver werk.

  • Die projek beoog ook:
    Rekenaars, tablette en ‘n leesmoniteringsprogram.

  • Virtuele werklikheid-uitstappies (bv. besoek aan die piramides van Egipte).

  • 'n Remediërende pos vir ‘n arbeidsterapeut of opvoeder om voltyds saam met leerders te werk.

Volgens projekbestuurder Sonica Bothma het kinders dikwels beperkte beroepsdrome, omdat hul wêreldbeeld beperk is. Hulle weet nie van ander loopbane buite hul onmiddellike konteks nie. Deur lees en toegang tot inligting kan hulle se selfvertroue groei en hulle drome verbreed.

“As jy kinders deur ‘n wêreld van boeke kan inspireer, groei hulle verbeelding en leer hulle van kleintyd af om groot te droom.”

Die projek benodig ondersteuning van die publiek en organisasies. Hulle soek veral:

  • Borgskap vir salarisse van voltydse personeel.

  • Donasies vir boeke en digitale toestelle.

  • Vennootskappe met maatskappye wat kan help bou, toerus of onderhou.